Opritsjnina

Die Opritsjnina (Russies: опричнина) was ’n deel van Rusland wat direk onder die bestuur van Iwan die Verskriklike geval het. Die term is afgelei van die ou Russiese woord опричь ("opritsj"), wat "apart" beteken het en kan dus losweg as aparte gebied vertaal word.

Die tydperk word veral gekenmerk deur die berugte opritsjniki, wat ’n terreurveldtog in dié gebied gevoer het en veral die stad Nowgorod verwoes het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search